1. Jesus het gesê: “Wanneer God Koning is, God wat in die hemel is, dan is dit soos wanneer tien meisies hulle lampe neem en uitgaan om die bruidegom te ontmoet.
2. Vyf van die meisies was dwaas, en vyf was verstandig.
3. Die vyf dwase meisies het hulle lampe geneem, maar hulle het nie olyf-olie saamgeneem nie.
4. Die verstandige meisies het hulle lampe geneem en hulle het ook olyf-olie in kruike saamgeneem.
5. Die bruidegom het laat gekom, en die meisies het almal vaak geword en hulle het aan die slaap geraak.
6. In die middel van die nag het die mense geskree: ‘Hier kom die bruidegom! Julle moet uitgaan om hom te gaan ontmoet.’
7. Toe staan al daardie meisies op en hulle maak hulle lampe gereed.