Matteus 2:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jesus is gebore in die stad Betlehem in die provinsie Judea. Dit was in die tyd toe Herodes koning was. Ná Jesus se geboorte het daar sterrekykers in Jerusalem aangekom.

2. Hulle het vir die mense gevra: “Waar is die Kind wat gebore is en wat koning van die Jode sal word? Ons het sy ster gesien opkom en ons het gekom om voor Hom te kniel en Hom te aanbid.”

3. Toe koning Herodes dit hoor, was hy en al die mense in Jerusalem baie geskok en bekommerd.

Matteus 2