Matteus 19:9-13 Bybel vir Almal (ABA)

9. Ek sê vir julle: As ’n man van sy vrou skei, en met ’n ander vrou trou, dan pleeg hy egbreuk. ’n Man kan net van sy vrou skei as sy seks gehad het met ’n ander man.”

10. Jesus se dissipels sê toe vir Hom: “As dit so is met ’n man en ’n vrou wat met mekaar getroud is, dan is dit beter om nie te trou nie.”

11. Maar Jesus antwoord hulle: “Dit is nie al die mense wat kan verstaan wat Ek gesê het nie, net die mense vir wie God help, kan dit verstaan.

12. Daar is mans wat nie kan trou nie omdat hulle so gebore is. Daar is ook mans wat nie kan trou nie omdat ander mense hulle ontman het. En daar is mans wat nie trou nie sodat hulle kan doen wat God wil hê, God, die Koning wat in die hemel is. Elkeen wat dit kan verstaan, moet dit doen.”

13. Toe het die mense kindertjies na Jesus toe gebring sodat Hy sy hande op hulle kon sit en vir hulle kon bid. Maar die dissipels het met hulle geraas.

Matteus 19