Markus 4:7-19 Bybel vir Almal (ABA)

7. Party van die saad het tussen die dorings geval. Die dorings het gegroei en grootgeword en dit het die ander plantjies heeltemal toegegroei. Die man het daar niks koring afgesny nie.

8. Party van die saad het in vrugbare grond geval. Dit het opgekom en gegroei en daar was baie koring. Een plant het 30 maal meer gegee as die saad, ’n ander plant 60 maal meer, en ’n ander plant 100 maal meer.”

9. Jesus het gesê: “As iemand kan verstaan wat Ek sê, dan moet hy gehoorsaam wees!”

10. Later was Jesus alleen. Die twaalf dissipels en die ander mense by Hom het vir Hom gevra wat die gelykenisse beteken.

11. Jesus het vir hulle gesê: “God het vir julle gehelp om die geheim te verstaan dat Hy die Koning is en dat Hy regeer. Die ander mense wat nie aan My behoort nie, verstaan dit nie.

12. Ek vertel vir hulle die gelykenisse“want Ek wil hê hulle moetkyk en kykmaar niks sien nie,en hulle moet hoor en hoormaar niks verstaan nie.As die ander mensedit verstaan het,dan sou hulle begin lewe hetsoos God wil hê,en dan sou God hulle sondevergewe het.”

13. Jesus sê toe vir sy dissipels: “Verstaan julle nie hierdie gelykenis nie? As julle dit nie verstaan nie, dan sal julle die ander gelykenisse nog minder verstaan.

14. Die saad wat die saaier saai, is die boodskap wat van God kom.

15. Wanneer die saad op die voetpad val, dan is dit soos wanneer mense die woorde van die boodskap hoor, maar die Satan kom dadelik en hy vat die woorde weg wat God in hulle harte gesaai het.

16. Wanneer die saad in vlak grond val waar daar klippe onder die grond is, dan is dit soos wanneer mense die boodskap hoor en dadelik bly is daaroor.

17. Maar hulle is soos die plante wat nie diep wortels het nie en wat net ’n kort tydjie lewe. Hulle hoor die boodskap en hulle glo dit, maar wanneer die mense hulle daaroor verdruk, en hulle begin swaarkry, dan hou hulle op om te glo.

18. Wanneer die saad tussen die dorings val, dan is dit soos wanneer mense die boodskap hoor

19. maar hulle is bekommerd oor die dinge van hierdie wêreld. Hulle dink net aan geld en hulle wil baie ander dinge graag hê. Die dinge van die wêreld is soos die dorings wat die koringplantjies toegroei. Vir hierdie mense word ander dinge belangriker as die boodskap van God. Daarom kan die boodskap nie hulle lewe verander nie, soos die saad nie vrugte dra nie.

Markus 4