18. Wanneer die saad tussen die dorings val, dan is dit soos wanneer mense die boodskap hoor
19. maar hulle is bekommerd oor die dinge van hierdie wêreld. Hulle dink net aan geld en hulle wil baie ander dinge graag hê. Die dinge van die wêreld is soos die dorings wat die koringplantjies toegroei. Vir hierdie mense word ander dinge belangriker as die boodskap van God. Daarom kan die boodskap nie hulle lewe verander nie, soos die saad nie vrugte dra nie.
20. Wanneer die saad in vrugbare grond val, dan is dit soos wanneer mense die boodskap hoor en dit glo, en dit verander hulle lewe. Dit dra vrugte, by party mense 30 maal meer as die saad wat die saaier gesaai het, by party mense 60 maal meer, en by party mense 100 maal meer.”
21. Jesus het ook vir hulle gesê: “Niemand sit ’n lamp onder ’n emmer of onder ’n bed nie. Nee! ’n Mens sit ’n lamp op die lampstaander.
22. God is Koning. Niemand kan hierdie geheim wegsteek nie. Almal sal daarvan weet en almal sal dit kan sien. Daar is dinge wat mense nou nie ken nie, maar God sal dit vir hulle wys.
23. As iemand kan verstaan wat Ek sê, dan moet hy gehoorsaam wees!”
24. Jesus het ook vir hulle gesê: “Julle moet goed luister na die boodskap van God. God sal luister na julle soos julle luister na Hom. Hy sal nog beter luister na julle.
25. As iemand klaar die boodskap ’n klein bietjie verstaan, dan sal God hom help om nog beter te verstaan. Maar as iemand dit nie verstaan nie, dan sal God hom nie help nie, hy sal niks verstaan nie.”
26. Jesus het gesê: “Wanneer God Koning is, dan is dit soos wanneer ’n man saad in die grond saai,
27. en dan in die aand gaan slaap en in die oggend opstaan. Die saad begin groei en die plante word groter. Die man weet nie hoe dit gebeur nie.
28. Die grond laat die koring self groei. Eers groei ’n klein plantjie, dan kom die koring-aar uit en daarna word dit ’n groot koring-aar.