Markus 11:8-19 Bybel vir Almal (ABA)

8. Baie mense het van hulle klere op die pad oopgegooi. Ander mense het takke afgekap van die bome in die veld en hulle het dit in die pad gegooi.

9. Die mense wat voor Jesus geloop het en die ander mense wat Hom gevolg het, het aangehou om hard te skree en te sê:“Prys God!Prys die Man wat kom!Die Here het Hom gestuurom sy werk te kom doen!

10. Prys Hom!Hy sal nou beginom Koning te wees oor almal,soos ons voorvader Dawid! Prys God in die hoogste hemel!”

11. Jesus het in Jerusalem na die tempel-gronde gegaan. Hy het daar rondgekyk na alles. Daarna het Jesus en sy twaalf dissipels na Betanië gegaan, want dit was al laat.

12. Die volgende dag het Jesus en sy dissipels uit Betanië gegaan. Jesus het honger geword

13. en Hy het ’n vyeboom gesien wat vol blare was. Die boom was ver en Hy het daarnatoe gegaan om te sien of daar iets aan die boom was om te eet. Toe Hy daar kom, sien Hy daar is niks, net blare. Dit was nie die regte tyd vir vye nie.

14. Jesus sê toe vir die boom: “Niemand sal weer ’n vy van jou eet nie, nooit nie.”Sy dissipels het gehoor wat Hy gesê het.

15. Jesus en sy dissipels het na Jerusalem gegaan. Hy het na die tempel-gronde gegaan. Daar was mense besig om goed te verkoop en te koop. Jesus het hulle uitgejaag. Hy het die tafels omgegooi van die mense wat die geld omgeruil het en ook die stoele van die mense wat duiwe verkoop het.

16. Hy het gesê niemand mag iets dra oor die tempel-gronde nie.

17. Jesus het begin om vir die mense te leer en Hy het gesê in die Ou Testament is geskryf:“God het gesê: Die mense sal sêmy tempel is ’n plekwaar al die volke mag bid.Maar julle het dit verander,dit is nou ’n plekwaar diewe bymekaarkom.”

18. Die priesterleiers en die skrifgeleerdes het gehoor wat gebeur het. Hulle wou ’n plan maak om Jesus dood te maak. Maar hulle was bang vir Hom, want die mense het baie gehou van wat Jesus vir hulle geleer het.

19. Toe dit aand geword het, het Jesus en sy dissipels weer uit die stad gegaan.

Markus 11