Lukas 9:37-41 Bybel vir Almal (ABA)

37. Die volgende dag het Jesus en die drie dissipels afgekom van die berg. Baie mense het na Hom toe gekom.

38. Een van die mense het hard gepraat en gesê: “Meneer, ek soebat U, help asseblief my seun. Hy is my enigste seun.

39. Daar is ’n onrein gees wat my seun aanval, dan begin my seun dadelik skree. Die gees laat hom ruk en skop, en skuim kom by sy mond uit. Die gees los my seun amper nooit nie, en hy is besig om my seun dood te maak.

40. Ek het u dissipels gevra om die gees uit te jaag, maar hulle kon nie.”

41. Toe sê Jesus: “Julle glo nie en julle is sleg! Hoe lank moet Ek nog by julle wees? Hoe lank moet Ek nog geduldig wees met julle? Bring jou seun hiernatoe.”

Lukas 9