1. Jesus het deur baie stede gegaan, van die een stad na die ander stad. Hy het oral die goeie boodskap gebring dat God Koning is. Die twaalf dissipels het saam met Hom gegaan.
2. Daar was ook vroue by hulle. Jesus het hierdie vroue voorheen gesond gemaak toe Hy bose geeste uit hulle laat gaan het. Een van die vroue was Maria Magdalena. Sewe duiwels het uit haar uitgegaan.