Lukas 6:13-31 Bybel vir Almal (ABA)

13. Toe dit dag word, het Hy sy dissipels na Hom toe geroep. Hy het twaalf van hulle gekies en Hy het hulle apostels genoem.

14. Hulle name was: Simon, sy ander naam was Petrus, en ook sy broer Andreas, Jakobus, Johannes, Filippus, Bartolomeus,

15. Matteus, Tomas, Jakobus seun van Alfeus, Simon die patriot,

16. Judas seun van Jakobus, en Judas Iskariot wat later vir Jesus verraai het.

17. Daarna het Jesus saam met die apostels van die berg afgegaan en op ’n gelyk plek gaan staan. Daar was baie van sy dissipels en baie ander mense wat gekom het uit die hele provinsie Judea, en van Jerusalem en van die stede Tirus en Sidon by die see.

18. Hulle het almal na Jesus kom luister en hulle wou hê Hy moet hulle gesond maak. Daar was onrein geeste in party mense, en Jesus het daardie mense ook gesond gemaak.

19. Almal wou graag aan Jesus raak, want daar het krag uit Hom gekom en die krag het almal gesond gemaak.

20. Jesus kyk toe na sy dissipels en Hy sê vir hulle:Julle wat arm is, is gelukkige mense,want God is julle Koning.

21. Julle wat nou honger is,is gelukkige mense,want God sal vir jullegenoeg gee om te eet.Julle wat nou huil,is gelukkige mense,want julle sal lag.

22. Julle is gelukkige mensewanneer die mense julle haaten wegjaagen beledig en slegte dingevan julle sêomdat julle aan My behoort,aan My, die Seun van die mens.

23. Julle moet bly weeswanneer dit gebeur,so bly dat julle rondspring,want in die hemel sal Godbaie goed wees vir julle.Kan julle onthou wat gebeur hetmet die profete?Die voorouers van die mensewat vir julle nou haat,het die profete lank geledeook so gehaat.

24. Maar God sal dit sleg laat gaanmet julle wat ryk is,want dit het in hierdie lewegoed gegaan met julle.

25. God sal dit sleg laat gaanmet julle wat nou baie kos het,want julle sal eendag honger wees.God sal dit sleg laat gaanmet julle wat nou lag,want julle sal eendag huil en treur.

26. God sal dit sleg laat gaan met jullewanneer al die mense netmooi dinge van julle sê,want hulle voorouers het lank geledeook net mooi dingevan die vals profete gesê.

27. “Ek sê vir julle wat nou na My luister: Julle moet lief wees vir julle vyande. Julle moet goed wees vir die mense wat vir julle haat.

28. Julle moet die mense seën wat vir julle vloek. Julle moet bid vir die mense wat vir julle beledig.

29. “As iemand jou op jou wang slaan, dan moet jy jou gesig draai sodat hy jou ook op jou ander wang kan slaan. As iemand jou bo-kleed vat, dan moet jy ook jou onderkleed vir hom gee.

30. “Jy moet vir elkeen gee wat vir jou iets vra. En as iemand jou goed vat, dan moet jy dit nie terugvra nie.

31. “Julle moet aan ander mense doen soos julle graag wil hê hulle moet aan julle doen.

Lukas 6