20. Jesus het gesien hulle glo Hy kan die verlamde man gesond maak, en Hy het vir die man gesê: “My vriend, Ek vergewe jou sondes.”
21. Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het saggies met mekaar gepraat en gesê: “Wie is hierdie man? Hy maak of hy God is. ’n Méns kan nie sondes vergewe nie, net God kan.”
22. Maar Jesus het geweet wat hulle praat. Hy het vir hulle gesê: “Hoekom sê julle dit?
23. Wat is makliker om te sê: ‘Ek vergewe jou sondes,’ of ‘Staan op en loop?’
24. Ek wil nou vir julle wys dat Ek, die Seun van die mens, sondes mag vergewe op die aarde.”Toe sê Jesus vir die lam man: “Ek sê vir jou, staan op, neem jou slaapmat en gaan huis toe.”