Lukas 4:24-33 Bybel vir Almal (ABA)

24. Jesus het ook gesê: “Maar Ek sê vir julle: Mense hou nie van ’n profeet in die stad waar sy mense woon nie.

25. Luister nou goed: In die tyd toe Elia in die land Israel gelewe het, het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie, en daar was baie min kos op die hele aarde. Daar was baie weduwees in die land Israel,

26. maar die Here het nie vir Elia na een van hulle toe gestuur nie, net na ’n weduwee in die stad Sarepta in Sidon.

27. En in die tyd toe die profeet Elisa gelewe het, was daar baie melaatse mense in die land Israel. Maar die Here het nie een van hulle gesond gemaak nie, net vir Naäman, die Siriër.”

28. Almal in die sinagoge het kwaad geword toe hulle hoor wat Jesus sê.

29. Hulle het opgestaan en vir Jesus weggejaag uit die stad. Hulle stad was op ’n berg, en hulle het Hom gevat tot by die kant van die berg. Hulle wou Hom daar afstamp.

30. Maar Jesus het tussen die mense deur geloop en weggegaan.

31. Jesus het toe na Kapernaum, ’n stad in Galilea, gegaan. Daar het Hy elke Sabbatdag vir die mense geleer.

32. Die mense was baie verbaas oor die dinge wat Hy vir hulle geleer het, want hulle het besef dat wat Hy gesê het, van God gekom het.

33. In die sinagoge was daar ’n man, daar was ’n onrein gees in die man. Die gees het hard geskree en gesê:

Lukas 4