12. Maar Jesus het vir die duiwel geantwoord: “God het ook in die Ou Testament gesê: ‘Jy moenie vir jou God die Here iets vra wat jy nie mag vra nie.’ ”
13. Die duiwel het opgehou probeer om Jesus verkeerd te laat doen, en hy het weggegaan van Hom. Later het hy weer gekom.
14. Jesus het teruggegaan na Galilea. Die Heilige Gees het Hom sterk gemaak. In Galilea het al die mense oor Jesus gepraat.
15. Jesus het vir hulle in die sinagoges geleer, en almal het gedink Hy is wonderlik.