Lukas 4:10-29 Bybel vir Almal (ABA)

10. want in die Ou Testament is geskryf:“God sal vir sy engele sêhulle moet jou beskerm,”

11. en“hulle sal jou ophulle hande drasodat jy nie jou voetteen ’n klip sal stamp nie.”

12. Maar Jesus het vir die duiwel geantwoord: “God het ook in die Ou Testament gesê: ‘Jy moenie vir jou God die Here iets vra wat jy nie mag vra nie.’ ”

13. Die duiwel het opgehou probeer om Jesus verkeerd te laat doen, en hy het weggegaan van Hom. Later het hy weer gekom.

14. Jesus het teruggegaan na Galilea. Die Heilige Gees het Hom sterk gemaak. In Galilea het al die mense oor Jesus gepraat.

15. Jesus het vir hulle in die sinagoges geleer, en almal het gedink Hy is wonderlik.

16. Jesus het in Nasaret gekom, die stad waar Hy grootgeword het. Hy het altyd op die Sabbatdag na die sinagoge gegaan. Eendag het Hy in die sinagoge opgestaan om vir die mense uit die Bybel te lees.

17. Iemand het die boek van die profeet Jesaja vir Hom gegee. Jesus het die boek oopgemaak en Hy het gelees wat Jesaja geskryf het:

18. Die Gees van die Here lei my.Die Here het my gesalf en gesêek moet die goeie boodskapvir die arm mense bring.Hy het my gestuur om virdie gevangenes te sêhulle is vry, hulle kan uitgaan.Hy het my gestuur om virdie blinde mense te sêhulle sal weer kan sien.Ek moet almal vrymaakwat swaarkry.

19. Ek moet sê dit is nou die tydwanneer die Herealles sal regmaak.

20. Daarna het Jesus die boek toegemaak en Hy het dit teruggegee vir die persoon wat dit moes bêre. Jesus het gaan sit en almal in die sinagoge het na Jesus gekyk.

21. Jesus het met die mense begin praat en gesê: “Vandag het God laat gebeur wat Ek uit die Bybel gelees het.”

22. Almal het goed gepraat oor Jesus. Hulle het gedink die dinge wat Hy sê, is wonderlik. Hulle het vir mekaar gesê: “Hy is Josef se seun, en luister watter wonderlike dinge sê hy!”

23. Maar Jesus het vir hulle gesê: “Moenie te gou bly word oor My nie. Julle sal later vir My wil sê: ‘As jy ’n dokter wil wees, dan moet jy eers jouself gesond maak. Ons het gehoor van al die wonderwerke wat jy in Kapernaum gedoen het. Jy moet dieselfde dinge nou ook hier doen, hier in die stad waar jy grootgeword het.’ ”

24. Jesus het ook gesê: “Maar Ek sê vir julle: Mense hou nie van ’n profeet in die stad waar sy mense woon nie.

25. Luister nou goed: In die tyd toe Elia in die land Israel gelewe het, het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie, en daar was baie min kos op die hele aarde. Daar was baie weduwees in die land Israel,

26. maar die Here het nie vir Elia na een van hulle toe gestuur nie, net na ’n weduwee in die stad Sarepta in Sidon.

27. En in die tyd toe die profeet Elisa gelewe het, was daar baie melaatse mense in die land Israel. Maar die Here het nie een van hulle gesond gemaak nie, net vir Naäman, die Siriër.”

28. Almal in die sinagoge het kwaad geword toe hulle hoor wat Jesus sê.

29. Hulle het opgestaan en vir Jesus weggejaag uit die stad. Hulle stad was op ’n berg, en hulle het Hom gevat tot by die kant van die berg. Hulle wou Hom daar afstamp.

Lukas 4