Lukas 3:12-18 Bybel vir Almal (ABA)

12. Die tollenaars het ook gekom sodat Johannes hulle kan doop. Hulle het vir hom gevra: “Meneer, wat moet ons doen?”

13. Johannes het vir hulle gesê: “Julle moenie meer tolgeld van die mense vat as wat julle mag vat nie.”

14. Die soldate het ook vir Johannes gevra: “En óns, wat moet ons doen?”Johannes het vir hulle gesê: “Julle moenie mense seermaak of hulle dwing om vir julle geld te gee nie. Julle moet tevrede wees met die geld wat julle kry.”

15. Die mense het toe met mekaar gepraat en gevra of Johannes miskien die Christus is.

16. Johannes het vir almal gesê: “Ek doop julle met water, maar later sal Iemand kom wat meer kan doen as ek. Ek is nie belangrik genoeg om sy sandale los te maak nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

17. Hy sal nou die mense oordeel. Dit sal wees soos wanneer iemand ’n vurk neem om die koring en die kaf op sy dorsvloer van mekaar te skei. Hy maak die koring bymekaar en bêre dit in sy stoorkamer, en Hy verbrand die kaf. Die oordeel van God sal wees soos ’n vuur wat nie ophou brand nie.”

18. Johannes het aangehou om die mense oor baie dinge te waarsku, en so het hy die goeie boodskap vir hulle gebring.

Lukas 3