Lukas 22:23-30 Bybel vir Almal (ABA)

23. Die apostels het vir mekaar gevra wie van hulle so iets sal wil doen.

24. Die apostels het toe met mekaar begin stry oor wie van hulle die belangrikste is.

25. Maar Jesus het vir hulle gesê: “Die konings van die wêreld wil regeer oor hulle mense, en almal wat regeer, hou daarvan dat die mense sê hulle doen baie goeie dinge vir hulle mense.

26. Maar julle moenie so wees nie. As iemand van julle belangrik wil wees, dan moet hy wees soos die jongste van julle, die een wat al die ander moet bedien. As iemand ’n leier wil wees, dan moet hy almal bedien.

27. Want wie is die belangrikste: Die een wat by die tafel sit, of die een wat die mense by die tafel bedien? Natuurlik is dit die een wat by die tafel sit. Maar kyk na My, wat doen Ek? Ek is by julle soos iemand wat die mense by die tafel bedien.

28. Julle het altyd by My gebly toe dit sleg gegaan het met My.

29. Daarom sal Ek vir julle konings maak soos my Vader vir My ’n Koning gemaak het.

30. Dan sal julle saam met My kan eet en drink by my tafel waar Ek Koning is. Julle sal op trone sit en julle sal die twaalf stamme van Israel oordeel.”

Lukas 22