1. Dit was amper tyd vir die Fees van die Ongesuurde Brood. Hulle het hierdie fees ook “Paasfees” genoem.
2. Die priesterleiers en die skrifgeleerdes het planne gemaak om Jesus dood te maak. Dit was geheime planne, want hulle was bang vir die mense.
3. Een van die dissipels se naam was Judas. Hulle het hom ook Iskariot genoem. Die Satan het in Judas ingegaan.
4. Toe gaan Judas na die priesterleiers en die offisiere van die wagte wat by die tempel gewerk het. Judas het met hulle gepraat oor hoe hy hulle kon help om Jesus te vang.
5. Hulle was bly en hulle het besluit om vir Judas geld te gee.
6. Judas het gesê dit is goed. Toe het hy ’n plan probeer maak en hy het gewag vir die regte tyd om Jesus te verraai. Hy moes dit doen waar daar nie ook ander mense is nie.
7. Dit was die eerste dag van die Fees van die Ongesuurde Brood. Daardie dag moes die mense die paaslam slag.
8. Toe stuur Jesus vir Petrus en Johannes en Hy sê vir hulle: “Gaan maak vir ons die Paas-ete gereed sodat ons dit kan eet.”
9. Die twee dissipels het vir Jesus gevra: “Waar wil U hê moet ons die ete gaan gereedmaak?”
10. Jesus het vir hulle gesê: “Wanneer julle in die stad ingaan, dan sal ’n man na julle toe kom wat water in ’n kruik dra. Gaan saam met hom in die huis waar hy ingaan.