1. Op die dag nadat Moses die priesters gewy het, het hy vir Aäron en sy seuns en die leiers van Israel geroep,
2. en hy het vir Aäron gesê: “Jy moet ’n gesonde bul-kalf neem om ’n sonde-offer te wees en ook ’n gesonde skaap-ram om ’n brand-offer te wees, en jy moet hulle vir die Here offer.
3. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Julle moet ’n gesonde bok-ram neem om ’n sonde-offer te wees en julle moet ’n gesonde jaaroud kalf en ’n skaap-lam neem om ’n brand-offer te wees.
4. En julle moet ’n bul en ’n skaap-ram vir die Here offer om ete-offers te wees, en ook ’n koring-offer van meel wat julle met olyf-olie gemeng en geknie het, want vandag sal julle die lig sien wat om die Here, die Koning, is.’ ”