Levitikus 5:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Moses gesê: “’n Persoon het miskien gesien dat iemand iets verkeerd doen of hy weet miskien daarvan. Of hy het miskien gehoor dat iemand ’n ander persoon vervloek. Hy kan ’n getuie wees, maar hy wil nie vertel wat gebeur het nie. Dan het daardie persoon sonde gedoen, hy is skuldig.

2. Of iemand raak miskien aan ’n onrein ding, maar hy weet dit nie, of hy raak aan ’n dooie, onrein, wilde dier of aan ’n mak, dooie dier of ’n klein diertjie. As hy dit doen, dan het hy onrein geword, en hy is skuldig.

3. Of iemand raak miskien aan iets wat onrein is, en wat van ’n mens kom. Hy raak aan enige iets wat hom onrein laat word, maar hy weet dit nie. Dan is hy skuldig wanneer hy dit later besef.

Levitikus 5