Levitikus 18:27-30 Bybel vir Almal (ABA)

27. Want die mense van die land wat vóór julle hier was, het al hierdie dinge gedoen wat Ek haat, en die land het toe onrein geword.

28. Die land sal julle ook wegjaag as julle die land onrein laat word, soos die land die volk weggejaag het wat vóór julle hier was.

29. Julle moet die persoon wat een van al hierdie dinge doen, afsny van die volk.

30. Julle moet aanhou om te doen wat Ek gesê het, julle moenie een van die dinge doen wat die mense gedoen het wat voorheen hier gewoon het nie. Julle moenie julleself onrein laat word nie. Ek is julle God die Here.”

Levitikus 18