Levitikus 18:2-21 Bybel vir Almal (ABA)

2. “Jy moet vir die Israeliete sê: Ek is julle God die Here.

3. Julle het voorheen in die land Egipte gewoon, maar julle mag nie die dinge doen wat die mense van daardie land gedoen het nie. Ek bring julle nou na die land Kanaän, maar julle mag ook nie die dinge doen wat die mense van daardie land doen nie. Julle mag nie lewe soos hulle nie.

4. Julle moet doen wat Ek sê, julle moet lewe soos Ek besluit. Ek is julle God die Here.

5. Julle moet aanhou om te doen wat Ek sê en besluit. Die mens wat dit doen, sal aanhou lewe. Ek is die Here.

6. “Niemand van julle mag seks hê met iemand wat naby familie is nie. Ek is die Here.

7. Jy mag nie seks hê met jou ma nie, want jy sal skande bring oor jou pa se naam. Sy is jou ma, jy mag nie seks hê met haar nie.

8. Jy mag nie seks hê met ’n ander vrou van jou pa nie, jy sal skande bring oor jou pa se naam.

9. Jy mag nie seks hê met jou suster nie, ook nie met jou stiefsuster wat in die huis of op ’n ander plek gebore is nie.

10. Jy mag nie seks hê met jou kleindogter nie, want dit sal skande bring oor jou naam.

11. Jy mag nie seks hê met jou halwe suster nie, sy is jou suster.

14. Jy mag nie seks hê met jou oom se vrou nie, sy is jou tante. Jy sal skande bring oor jou oom se naam.

15. Jy mag nie seks hê met jou skoondogter nie, sy is jou seun se vrou, jy mag nie seks hê met haar nie.

16. Jy mag nie seks hê met jou skoonsuster nie, jy sal skande bring oor jou broer se naam.

17. Jy mag nie seks hê met ’n vrou én met haar dogter nie. Jy mag ook nie trou met ’n kleindogter van daardie vrou nie, jy sal skande bring oor die vrou se naam. Dit is haar kleindogter, dit sal sleg wees as jy met haar kleindogter trou.

18. Jy mag nie trou met jou vrou se suster terwyl jou vrou lewe nie. Hulle sal vyande word as jy seks het met die suster.

19. Jy mag nie seks hê met ’n vrou wat menstrueer nie, sy is onrein.

20. Jy mag nie seks hê met ’n ander man se vrou nie, jy sal onrein word.

21. Jy mag nie ’n kind of ’n kleinkind van jou offer vir Molek nie, jy mag nie die Naam van jou God ontwy nie. Ek is die Here.

Levitikus 18