15. Jy mag nie seks hê met jou skoondogter nie, sy is jou seun se vrou, jy mag nie seks hê met haar nie.
16. Jy mag nie seks hê met jou skoonsuster nie, jy sal skande bring oor jou broer se naam.
17. Jy mag nie seks hê met ’n vrou én met haar dogter nie. Jy mag ook nie trou met ’n kleindogter van daardie vrou nie, jy sal skande bring oor die vrou se naam. Dit is haar kleindogter, dit sal sleg wees as jy met haar kleindogter trou.
18. Jy mag nie trou met jou vrou se suster terwyl jou vrou lewe nie. Hulle sal vyande word as jy seks het met die suster.
19. Jy mag nie seks hê met ’n vrou wat menstrueer nie, sy is onrein.
20. Jy mag nie seks hê met ’n ander man se vrou nie, jy sal onrein word.
21. Jy mag nie ’n kind of ’n kleinkind van jou offer vir Molek nie, jy mag nie die Naam van jou God ontwy nie. Ek is die Here.
22. ’n Man mag nie seks hê met ’n man nie. Die Here haat dit.
23. ’n Man mag nie seks hê met ’n dier nie. ’n Vrou mag ook nie seks hê met ’n dier nie, die Here haat dit.
24. Jy moenie enige een van hierdie dinge doen nie, want dan sal jy jouself onrein laat word. Die ander volke het dit gedoen en so het hulle onrein geword, die volke wat Ek wegjaag om plek te maak vir julle.
25. Die land het ook onrein geword, daarom sal Ek die land straf sodat die land die mense sal wegjaag.
26. Julle moet aanhou om te doen wat Ek sê en wat Ek besluit, julle moenie een van hierdie dinge doen wat Ek haat nie, die Israeliete moenie dit doen nie, en ook nie die vreemdelinge nie.
27. Want die mense van die land wat vóór julle hier was, het al hierdie dinge gedoen wat Ek haat, en die land het toe onrein geword.
28. Die land sal julle ook wegjaag as julle die land onrein laat word, soos die land die volk weggejaag het wat vóór julle hier was.
29. Julle moet die persoon wat een van al hierdie dinge doen, afsny van die volk.