7. Varke het gesplete hoewe, maar hulle herkou nie. Hulle is onrein vir julle.
8. Julle mag nie hierdie diere se vleis eet nie en julle mag nie aan hulle dooie liggame raak nie, hulle is onrein vir julle.
9. “Julle mag eet van die diere in die water, in die see en in die riviere as die diere vinne en skubbe het.
10. Maar as die diere wat in die see en in die riviere is, nie vinne en skubbe het nie, dan mag julle niks eet van hulle nie, niks van al die baie klein diertjies wat in die water lewe nie.