10. Dan sal julle so lewe dat die Here altyd tevrede sal wees met julle. Julle sal dinge doen waarvan Hy hou, baie goeie dinge, en julle sal vir God beter en beter leer ken.
11. Hy, die Koning, is baie sterk en Hy sal julle geloof sterk maak. Dan sal julle kan aanhou om geduldig te wees wanneer julle swaarkry. En julle sal bly wees
12. en vir God die Vader dankie sê, want Hy het julle verander. Hy het vir almal wat aan Hom behoort, belowe dat hulle in die hemel by Hom sal wees. Julle sal ook in die hemel by Hom wees.
13. God die Vader het ons gered van die duiwel en nou weet ons dat sy Seun ons Koning is, sy Seun vir wie Hy baie lief is.
14. Ja, God het sy Seun gestuur en die Seun het ons vrygemaak. So het God ons sondes vergewe.
15. Niemand kan vir God sien nie, maar God se Seun het vir ons kom wys hoe God is. Die Seun is die Eerste, die belangrikste van alles in die hemel en op die aarde,
16. want Hy het alles gemaak, God het gesê Hy moet dit doen. Die Seun het alles in die hemel en alles op die aarde gemaak, alles wat ’n mens kan sien en alles wat ’n mens nie kan sien nie, almal en alles wat oor die wêreld wil regeer, in die hemel en op die aarde. Die Seun het hulle almal gemaak, en hulle is daar om Hom te respekteer en te dien.
17. Die Seun was daar voordat daar iets anders was en Hy laat alles lewe.
18. Die kerk is die Seun se liggaam, Hy is die Hoof van die kerk, en Hy laat die kerk lewe. Hy is die Eerste, die Een wat dood was en wat weer lewe, en daarom is Hy nou die belangrikste van almal en alles.
19. Hy, die Seun, is God en Hy kan doen soos God doen, omdat God besluit het om in die Seun te woon.
20. Die Seun het aan die kruis gesterf, en so het God vrede gebring. So het God almal se sonde weggeneem, almal op die aarde en almal in die hemel. God het dit gedoen sodat alles reg kan wees tussen God en hulle.
21. Voorheen was julle ver van God, julle was God se vyande en julle het slegte dinge gedink en gedoen.
22. Maar nou het God julle verander. Die Seun het ’n mens geword en Hy het gesterf, en daarom het God julle sonde weggeneem sodat alles reg kan wees tussen God en julle. God het dit gedoen sodat julle aan Hom kan behoort en sodat julle sonder sonde sal wees en onskuldig sal wees wanneer Hy julle oordeel.
23. Maar dan moet julle aanhou glo, julle geloof moet baie sterk wees. Toe julle die goeie boodskap gehoor het, het God vir julle gehelp om seker te wees van die dinge wat julle glo, en nou moet julle aanhou om seker te wees. Al die mense in die wêreld het die goeie boodskap gehoor, die goeie boodskap wat ek moet bring.