Klaagliedere 5:18-22 Bybel vir Almal (ABA)

18. Ons is hartseer oor Sionsberg,niemand woon nou daar nie,jakkalse loop nou daar rond.

19. U, Here, U regeer vir altyd,U regeer oor elke geslag.

20. Hoekom hou U aan om ons te vergeet?Hoekom los U ons vir altyd?

21. Here, U moet ons laat terugkomna U toe,sodat ons kan verander en kan lewesoos U wil hê.U moet vir ons nuwe lewe gee,soos lank gelede.

22. Of het U ons heeltemal gelos?Is U so baie kwaad vir ons?

Klaagliedere 5