14. Die Israeliete het van die padkos geëet, maar hulle het nie vir die Here gevra wat hulle vir die boodskappers moet sê nie.
15. Josua het vrede gemaak met die Gibeon-mense. Hy het ’n ooreenkoms gemaak met hulle en gesê dat hy hulle nie sal doodmaak nie. Die leiers van die volksvergadering het dit belowe en hulle het gesê die Here is die getuie.
16. Maar drie dae nadat hulle die ooreenkoms gemaak het, het hulle gehoor dat dit mense is wat baie naby woon.
17. Toe die Israeliete verder gaan, het hulle op die derde dag by die stede van die Gibeon-mense gekom. Die stede was Gibeon, Kefira, Beërot en Kirjat-Jearim.
18. Maar die Israeliete het nie die Gibeon-mense doodgemaak nie, want die leiers van die volksvergadering het belowe dat hulle dit nie sal doen nie, en hulle het gesê die Here, die God van Israel, is die getuie. Die hele volksvergadering het hulle leiers beskuldig,
19. maar al die leiers het vir hulle gesê: “Ons het self vir hulle belowe dat ons hulle nie sal doodmaak nie en ons het gesê die Here, die God van Israel, is die getuie. Daarom kan ons hulle nie nou aanval nie.
20. Ons moet doen wat ons belowe het, ons moet hulle laat lewe. As ons dit nie doen nie, dan sal die Here kwaad word vir ons, want ons het belowe en ons het gesê Hy is die getuie.”
21. Die leiers het vir die Israeliete gesê hulle moet die Gibeon-mense laat lewe, maar die Gibeon-mense moes van toe af hout kap en water skep vir al die Israeliete. Die leiers het vir hulle gesê hulle moet dit doen.
22. Josua het die Gibeon-mense geroep en hy het vir hulle gesê: “Julle woon hier naby ons. Hoekom het julle ons bedrieg? Hoekom het julle vir ons gesê julle woon baie ver van ons?
23. Daarom vervloek ek julle nou. Julle sal altyd slawe moet wees, julle sal die hout moet kap en die water moet skep vir die tempel van my God.”
24. Die Gibeon-mense sê toe vir Josua: “Ons het dit gedoen omdat ons gehoor het dat jou God die Here vir sy dienaar Moses gesê het dat Hy die hele land vir julle gee en dat Hy almal in die land sal doodmaak om plek te maak vir julle. Toe ons dit hoor, het ons baie bang geword. Ons was bang dat julle ons sal doodmaak, daarom het ons hierdie ding gedoen.
25. Hier is ons nou, jy kan met ons doen wat jy besluit.”
26. Josua het toe dít gedoen: Hy het gekeer sodat die Israeliete nie die Gibeon-mense doodmaak nie,