Josua 7:3-6 Bybel vir Almal (ABA)

3. Hulle het teruggekom na Josua toe en vir hom gesê: “Jy moenie al die manne laat gaan nie, omtrent 2 000 of 3 000 manne is genoeg om Ai te oorwin. Daar is nie baie mense in Ai nie, jy moenie al die manne moeg maak nie.”

4. Daar het toe omtrent 3 000 manne gegaan, maar die manne van Ai het hulle oorwin en hulle het weggevlug van die manne van Ai.

5. Die manne van Ai het omtrent 36 Israeliete doodgemaak. Hulle het die Israeliete gevolg en gejaag van die poort van Ai tot by die klowe in die berge en hulle het die Israeliete doodgemaak toe hulle daar afgaan. Die Israeliete het moedeloos en baie bang geword.

6. Josua het sy klere geskeur en hy het tot die aand voor die kis van die Here gaan lê met sy gesig teen die grond, hy en die leiers van Israel. Hulle het stof op hulle koppe gegooi.

Josua 7