Josua 19:33-40 Bybel vir Almal (ABA)

33. Die grens van hulle grond begin by die stad Gelef, by die groot boom by die stad Saänannim, en dit gaan verby die stede Adami-Nekeb en Jabneël tot by die stad Lakkum, en dan tot teen die Jordaan-rivier.

34. Dan draai die grens wes na die stad Asnot-Tabor en dit gaan van daar na die stad Gukok, en verder tot teen die Jordaan-rivier oos van die land Juda. Die grond van die Sebulon-stam is suid van die grond van die Naftali-stam, en die grond van die Aser-stam is wes van die grond van die Naftali-stam.

35. Daar was ook stede wat sterk mure het, hulle was: Siddim, Ser, Gammat, Rakkat, Gennesaret,

36. Adama, Rama, Hasor,

37. Kedes, Edreï, En-Gasor,

38. Jiron, Migdal-El, Gorem, Bet-Anat en Bet-Semes. Hulle het 19 stede en die dorpies daar naby gekry.

39. Hierdie stede en die dorpies daar naby behoort aan die families in die Naftali-stam.

40. Josua het die sewende lootjie getrek, en die Dan-stam het hulle grond gekry.

Josua 19