Josua 13:17-30 Bybel vir Almal (ABA)

17. die stad Gesbon en al die stede daar naby op die Hoëveld. Die stede was Dibon, Bamot-Baäl, Bet-Baäl-Meon,

18. Jasa, Kedemot, Mafaät,

19. Kirjatajim, Sibma en Seret-Sagar op die heuwel in die vallei,

20. Bet-Peor, Asdot-Pisga en Bet-Jesimot.

21. Dit was al die stede op die Hoëveld, die hele land van koning Sihon van die Amoriete. Sihon was die koning in Gesbon. Moses het vir Sihon oorwin saam met die leiers van die Midianiete. Die leiers was Ewi, Rekem, Sur, Gor en Reba. Hulle was amptenare van Sihon en hulle het in die land gewoon.

22. Die Israeliete het ook die waarsêer Bileam seun van Beor doodgemaak saam met ander manne wat in die oorlog gesterf het.

23. Die grond van die Ruben-stam was langs die Jordaan-rivier. Dit was die grond van die families van die Ruben-stam, en dit was die stede en die dorpies daar naby.

24. Moses het vir die families in die Gad-stam hierdie grond gegee:

25. Hulle land was die stad Jaser, die helfte van die land van die Ammoniete tot by die stad Aroër naby die stad Rabba.

26. Hulle grond was ook van die stad Gesbon tot by die stede Ramat-Mispe en Betonim, en van die stad Maganajim tot by die stad Lo-Dabar,

27. en in die Jordaan-vallei die stede Bet-Haram, Bet-Nimra, Sukkot en Safan. Dit is die deel van die land van koning Sihon van Gesbon wat oorgebly het. Dit was oos van die Jordaan-rivier tot by die Gennesaret-meer.

28. Dit is die land van die families in die Gad-stam, die stede en die dorpies daar naby.

29. Moses het vir die families in die halwe Manasse-stam hierdie grond gegee:

30. Van die stad Maganajim het hulle die hele land Basan gekry, die hele land van koning Og van Basan, al die kampe van Jaïr wat in Basan is. Dit was almal saam 60 stede.

Josua 13