Josua 1:7-18 Bybel vir Almal (ABA)

7. Ja, jy moet sterk en dapper wees, jy moet seker maak dat jy alles doen wat die wette sê, die wette wat my dienaar Moses vir jou gegee het. Jy moet presies so doen, dan sal jy slaag met alles wat jy doen.

8. Jy moet aanhou om te lees wat in hierdie wetboek staan, jy moet elke dag en elke nag daaroor dink, dan sal jy seker maak dat jy alles doen wat daarin geskryf is. Jy sal kan doen wat jy moet doen en jy sal slaag.

9. Ek het vir jou gesê jy moet sterk en dapper wees. Jy moenie bang wees nie, jy moet vir niks skrik nie, want jou God die Here sal by jou wees, oral waar jy gaan.”

10. Josua het vir die voormanne van die volk gesê:

11. “Julle moet deur die kamp gaan en julle moet vir die mense sê: ‘Julle moet vir julle padkos gereedmaak, want oor drie dae sal julle deur hierdie Jordaan-rivier gaan. Julle sal die land vat wat julle God die Here vir julle gee.’ ”

12. Josua het vir die stamme Ruben en Gad en vir die halwe Manasse-stam gesê:

15. Wanneer die Here die vyande van die ander Israeliete ook oorwin het en wanneer die ander Israeliete die land gevat het wat julle God die Here vir hulle gee, dan mag julle terugkom na julle eie grond wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle oos van die Jordaan-rivier gegee het.”

16. Die stamme Ruben en Gad en die halwe Manasse-stam het vir Josua gesê: “Ons sal alles doen wat jy sê en ons sal gaan waar jy ons stuur.

17. Ons sal luister na jou, soos ons geluister het na Moses. Ons is seker dat die Here by jou sal wees, soos Hy by Moses was.

18. Elke man wat nie na jou wil luister nie en wat nie wil doen wat jy sê nie, moet sterf. Maar jy moet sterk en dapper wees.”

Josua 1