1. Moses, die dienaar van die Here, het gesterf. Josua seun van Nun het vir Moses gewerk. Die Here het vir Josua gesê:
2. “My dienaar Moses is dood. Daarom moet jy nou gereedmaak, jy en hierdie hele volk, en julle moet oor die Jordaan-rivier gaan na die land wat Ek vir hulle, die Israeliete, gee.
3. Ek het dit vir Moses belowe, en daarom sal Ek vir julle elke plek gee waar julle sal kom,
4. van die woestyn en die Libanon-berg tot by die groot rivier, die Eufraat. Die hele land van die Hetiete tot by die Groot See in die weste sal julle land word.
5. So lank soos jy lewe, sal niemand jou kan oorwin nie. Ek sal by jou wees, soos Ek by Moses was. Ek sal jou nie los nie, Ek sal altyd by jou wees.
6. Jy moet sterk en dapper wees, want jý sal hierdie volk lei om die land te vat wat Ek vir hulle voorvaders belowe het.
13-14. “Julle moet onthou wat Moses, die dienaar van die Here, vir julle gesê het. Hy het gesê: ‘Julle God die Here het julle vyande oorwin en Hy sal vir julle hierdie grond oos van die Jordaan-rivier gee.’ Julle vroue en kinders en oumense en julle diere mag hier bly, maar almal van julle wat oorlog kan maak, moet voor die ander Israeliete oor die Jordaan-rivier gaan en julle moet hulle gaan help.