5. Die mense van Nineve het geglo wat God gesê het. Hulle het gesê almal moet vas, hulle moet niks eet nie. Almal het rouklere aangetrek, die belangrike mense en ook die mense wat nie belangrik was nie.
6. Die koning van Nineve het hiervan gehoor. Hy het toe afgeklim van sy troon en hy het sy koningsklere uitgetrek. Hy het rouklere aangetrek en hy het op ’n ashoop gaan sit.
7. Hy het vir die mense van Nineve gesê: “Die koning en sy amptenare sê: Niemand mag iets eet of drink nie, nie ’n mens of ’n dier nie, nie ’n bees of ’n skaap of ’n bok nie.