32. Maar daar is Iemand Anders wat sê wie Ek is. Dit is God. Ek weet dat die dinge wat Hy van My sê, waar is.
33. Julle het mense na Johannes die Doper toe gestuur en hy het die waarheid oor My gepraat.
34. Maar dit is nie nodig dat mense moet sê wie Ek is nie. Ek sê dit vir julle sodat julle kan glo en sodat God julle kan red.
35. Johannes was soos ’n lamp wat brand en helder skyn, en julle was ’n kort tydjie bly oor sy lig.
36. “Daar is ander dinge wat sê wie Ek is, daardie dinge sê dit beter as wat Johannes dit gesê het. Dit is alles wat die Vader gesê het Ek moet doen. Die dinge wat Ek doen, wys dat die Vader My na die wêreld gestuur het.
37. “Die Vader wat My gestuur het, het ook gesê wie Ek is. Julle het die Vader se stem nog nooit gehoor nie. Julle het nog nooit gesien hoe Hy lyk nie.
38. Julle het nie die Vader se boodskap in julle harte nie, want die Vader het My na die wêreld gestuur, maar julle glo nie in My nie.
39. Julle lees die Ou Testament om uit te vind hoe julle die ewige lewe kan kry, en dit is die Ou Testament wat sê wie Ek is.
40. Maar julle wil nie na My toe kom en die ewige lewe kry nie.
41. Ek vra nie dat mense My moet eer nie.
42. Ek ken julle. Ek weet daar is nie liefde vir God in julle harte nie.
43. “Dit is nie Ek wat besluit het om na die wêreld te kom nie. Die Vader het My gestuur, maar julle aanvaar My nie. Maar as iemand anders self besluit om te kom, dan sal julle hom aanvaar.
44. Julle kán nie glo nie, want julle wil eer hê van mekaar, nie eer van die enigste God nie.
45. Julle moenie dink dit is Ek wat vir die Vader sal sê wat julle verkeerd gedoen het nie. Julle het gedink Moses sal julle help, maar dit is hý wat vir die Vader sê wat julle verkeerd gedoen het.
46. Julle het nie vir Moses geglo nie, Moses wat oor My geskryf het. Daarom glo julle ook nie in My nie.
47. As julle nie glo wat Moses geskryf het nie, dan sal julle ook nie glo wat Ek sê nie.”