Joël 1:2-7 Bybel vir Almal (ABA)

2. Julle wat leiers is, moet luister,julle almal wat in die land woon,moet hoor wat die Here sê.Die dinge wat nou gebeur,het nog nooit voorheen gebeur nie.

3. Julle moet ditvir julle kinders vertel,en julle kinders moet ditvir hulle kinders vertel,en hulle kinders moet ditook vir hulle kinders vertel.

4. Daar het baie sprinkane gekom,hulle het vier maal gekom,en elke maal het hulleal die plante opgevreet.

5. Die mense wat altyd dronk is,moet nou wakker word en huil.Almal wat lief is vir wyn, moet huil,want daar is niks wynom te drink nie.

6. Die sprinkane was soos soldatewat sterk en baie is.Hulle het die land aangeval,hulle het tande en kakebenesoos leeus.

7. Hulle het die vyebomekaal gevreeten hulle het ook die wingerde verwoes.Hulle het die bome se basafgevreet en uitgespoeg,die takke is kaal.

Joël 1