12. Ek is nie so hard soos klip nie,my liggaam is nie gemaak vankoper nie.
13. Nee, ek het niks krag nie,ek kan myself nie help nie.”
14. “As dit vir iemand te swaar isom vir sy vriende te doenwat hy moet doen,dan respekteer hy nie meerdie Almagtige nie.
15. My vriende is ontrou,hulle is soos ’n watersloot.
16. Wanneer die ys en die sneeu smelt,dan vloei die waterstrome,
17. maar wanneer dit warm word,dan vloei die water nie meer nieen die sloot word droog.
18. Mense wat verbykom op die pad,gaan na die sloot, maar hulle kryniks water nie,hulle sterf van die dors.
19. Handelaars uit die lande Tema en Skebahoop dat hulle daar water sal kry,
20. maar hulle bly dors,hulle het water kom soek,maar hulle het niks gekry nie.
21. Ek kry by julle ook niks.Toe julle sien hoe sleg ditmet my gaan,het julle bang geword.
22. Is dit omdat ek vir julle gevra hetom iets vir my te gee?Het ek vir julle gevra om omkoopgeldte betaal om my vry te maak?
23. Het ek gevra dat julle moet helpom my vry te laat wegkom van ’n vyand?Het ek gevra dat julle my moet loskoopvan wrede mense?”