1. Daarna het Job begin praat. Hy het gesê:
2. “As ek al my swaarkryop ’n weegskaal kan weeg,
3. dan sal dit swaarder wees as die sand by die see.Daarom het ek gepraat voordat ek goed gedink het,
4. want die pyle van die Almagtige is in my,ek drink van die gif van die pyle.God het my baie bang laat word.
5. ’n Wildedonkie balk nie wanneer hygras het om te eet nie,’n bees bulk nie by sy kos nie.
6. ’n Mens eet nie kos sonder sout nie,die wit van ’n eier smaak nie lekker nie.