Job 41:7-17 Bybel vir Almal (ABA)

7. so vas dat die wind niedaardeur kan waai nie.

8. Die skubbe is so vas teen mekaardat niemand hulle kan losmaakvan mekaar nie.

9. Wanneer die krokodil nies,dan lyk dit soos vuurvlamme,en sy oë is so rooisoos die son vroeg in die oggend.

10. Daar kom vuur uit sy bek,die vuurvlamme skiet uit sy bek.

11. Daar kom stoom uit sy neusgate,soos uit ’n pot wat kook.

12. Sy asem steek vuur aan die brand,daar kom vlamme uit sy bek.

13. Sy nek is baie sterk,almal skrik wanneer hulle hom sien.

14. Die sagste deel van sy liggaamis so hard soos metaal.

15. Hy is vir niks bang nie,sy hart is so hard soos klip,so hard soos die onderste maalklip.

16. Wanneer hy opkom uit die water,dan skrik almal wat sterk is,hulle vlug wanneer hy die waterslaan met sy stert.

17. Dit help nie om hom te steekmet ’n swaard nie,ook nie met ’n spies of ’n pyl nie.

Job 41