Job 41:1-12 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die krokodil is wreed wanneer jyhom wakker maak.“As mense bang is vir ’n krokodil,wie kan dan voor Mý bly staan?

2. Alles op die aarde behoort aan My.Niemand kan sê dat Ek iets vir hom skuld nie.

3. “Ek wil ook praat oor die liggaamsdelevan die krokodil,en Ek wil praat oor hoe sterken goed gebou hy is.

4. Niemand kan hom van voor aanvalen sy vel afslag nie,sy vel is soos ’n harnas.

5. Niemand kan sy kakebene oopmaak nie,almal is bang vir sy tande.

6. Die rye skubbe op sy ruglê vas teen mekaar,

7. so vas dat die wind niedaardeur kan waai nie.

8. Die skubbe is so vas teen mekaardat niemand hulle kan losmaakvan mekaar nie.

9. Wanneer die krokodil nies,dan lyk dit soos vuurvlamme,en sy oë is so rooisoos die son vroeg in die oggend.

10. Daar kom vuur uit sy bek,die vuurvlamme skiet uit sy bek.

11. Daar kom stoom uit sy neusgate,soos uit ’n pot wat kook.

12. Sy asem steek vuur aan die brand,daar kom vlamme uit sy bek.

Job 41