Job 39:24-28 Bybel vir Almal (ABA)

24. Hy kap die grond met sy pote,hy wys dat hy sterk is en dat hy graagin die oorlog wil ingaan.

25. Hy is nooit bang nie,hy vlug nie vir oorlog nie.

26. Die pyle raas in die sak langs hom,en die spiese blink.

27. Hy kan nie stilstaan nie,hy is gereed om te hardloopwanneer die ramshoring blaas.

28. Hy snork wanneer die ramshoring blaas,hy weet dat die oorlog kom,hy hoor die offisiere skreedat die oorlog moet begin.”

Job 39