10. Dit wildedonkie spot omdat dit soraas in die stad,hy hoor nie dat iemand vir hom skreeen hom jaag nie.
11. Hy soek sy kos in die berge,hy kyk waar al die groen plantjies is.”
12. “Sal die oer-os vir jou wil werk?Sal hy by jou krip kom slaap?
13. Kan jy hom vang met ’n tousodat hy jou ploeg kan trek?Kan jy hom lei sodat hy jou landsal omploeg?
14. Kan jy sy groot krag gebruiksodat hy jou swaar werk kan doen?
15. Dink jy hy sal ook nogjou koring na die dorsvloer bring?”
16. “’n Volstruis kan haar vlerke vrolik klap,maar sy kan nie vlieg soos ’n ooievaar nie.
17. ’n Volstruis lê haar eiers op die grond,sy broei hulle uit in die stof.
18. Sy dink nie daaraan dat wilde diereop die eiers kan trap en dit kan breek nie.
19. Sy is ’n wrede ma vir haar kleintjies,sy maak of hulle nie háár kleintjies is nie,sy is nie bekommerd as sydie eiers uitgebroei het,en as die kleintjies nie lewe nie.
20. God het nie vir haar wysheid gegee nie,Hy het haar nie verstandig gemaak nie.
21. Maar wanneer sy haar vlerke optelen sy hardloop, dan lag syvir die perd en vir die man watop hom ry.”
22. “Job, is dit jý wat vir die perdsy krag gee,sit jy die lang hare aan sy nek?
23. Het jy vir die perd geleerom te spring soos ’n sprinkaan?Almal word bang wanneer hy snork.