Job 39:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. “Kan jy diere vang vir ’n leeu,kan jy vir hom genoeg gee om te vreet

2. wanneer hy lê en wagagter die bosse?

3. Wie gee vir ’n kraai die kos wat hy moet hêwanneer sy kleintjies honger is en rondloopen na God roep om hulle te help?”

4. God het nog met Job gepraat en vir hom gesê:“Job, weet jy wanneerdie klein klipspringers gebore word?Staan jy en kyk waar die takbokke lammers kry?

5. Weet jy hoe lank ’n ooi die kleintjie draen wanneer sy die lammetjie moet kry?

6. Weet jy wanneer sy gaan lêom die kleintjie te kry?

Job 39