Job 34:29-30-37 Bybel vir Almal (ABA)

3. Ore moet hoor wat woorde beteken,tonge moet proe hoe kos smaak.

4. Kom ons besluit wat reg is,ons moet weet wat die beste is.

5. Want Job het gesê:‘Ek is onskuldig,maar God het nie reg gedoenaan my nie.

6. Ek is reg,ek kan nie daaroor lieg nie,ek het nie verkeerd gedoen nie,maar ek sterf van my seerplekke.’

7. Watter soort mens is Job?Hoekom hou hy aan om vir God te spot?

8. Hy is vriende met mensewat slegte dinge doen,hy doen dieselfde dingewat mense doen wat verkeerd lewe.

9. Want hy het gesê dit help nieom te doen wat God wil hê nie.

29-30. As Hy stilbly en nie help nie,dan kan niemand sê dat Hy verkeerddoen nie.As Hy wegkyk, dan kan niemandvra dat Hy moet help nie.Hy laat mense regeer wat Hom nie dien nie,hulle vang volke en mense in hulle vangnette.

31. Job, het jy bely dat jysonde gedoen het?Het jy belowe om dit nie weer te doen nie?

32. Het jy gevra dat God jou sondesvir jou moet wys?Jy het verkeerde dinge gedoen,maar jy het nie geweet dat dit sonde is nie.Wanneer jy verkeerd gedoen het,het jy dan gesê dat jy dit nie weer sal doen nie?

33. Jy wil nie aanvaar dat God reg doen nie,moet Hy nou vir jou daaroor straf?Dit moet jý besluit, nie ek nie.Jy moet sê wat jy weet.

34. ’n Verstandige en wyse menswat my hoor, sal sê:

35. ‘Job weet nie wat hy praat nie,hy sê niks wat verstandig is nie.’

36. Job praat soos ’n slegte mens praat,ons moet alles hoor en ons moet besluitof hy reg of verkeerd is,

37. want hy het sonde gedoenen hy is ook opstandig teen God.Hy hou aan om met ons te stry,hy praat en praat teen God.”

Job 34