8. Ek het goed gehoor wat jy sê,ek kan jou woorde nou nog onthou.
9. Jy het gesê: ‘Ek is onskuldig,ek het niks verkeerd gedoen nie,my hande is skoon,ek het nie sonde gedoen nie.
10. Maar God is téén my,Hy maak of ek sy vyand is.
11. Hy sit my voete in ’n blok,Hy sien alles raak wat ek doen.’
12. Maar Job, ek sê vir jou:Jy is verkeerd wanneer jy dit sê.God is groot,’n mens kan nie met Hom stry nie.
13. Hoekom beskuldig jy vir God?Hoekom sê jy dat Hy niewil antwoord nie?
14. Want God praat weer en weer,maar mense luister nie.
15. God praat in die nag,wanneer mense vas slaap,Hy wys vir hulle dingewanneer hulle droom.
16. Hy sê duidelik vir hulle wat Hy wil hê,Hy waarsku hulle, en hulle word bang.
17. Hy wil hê hulle moet ophouom verkeerd te doen,hulle moet ophou om hoogmoedigte wees.
18. God wil keersodat ’n mens nie sterf nie,Hy wil die mens red van die graf.
19. Hy straf ’n mens,Hy laat hom siek word,die pyn hou nooit op nie.
20. Kos maak daardie mens naar,ook die lekkerste kos.
21. Hy word so maer dat hynet vel en bene is.
22. Hy is naby die dood,hy is amper in die graf.
23. Maar daar kom miskien ’n engel by hom,een van die baie engele wat daar is.Die engel wil vir hom biden vir hom sê wat hy moet doen.
24. Die engel is jammer vir homen die engel bid en sê:‘Moenie dat hy sterf nie,ek sal hom loskoop.’
25. Dan sal daardie mens weer jonk word,sy liggaam sal nuwe krag kry.