Job 33:8-13 Bybel vir Almal (ABA)

8. Ek het goed gehoor wat jy sê,ek kan jou woorde nou nog onthou.

9. Jy het gesê: ‘Ek is onskuldig,ek het niks verkeerd gedoen nie,my hande is skoon,ek het nie sonde gedoen nie.

10. Maar God is téén my,Hy maak of ek sy vyand is.

11. Hy sit my voete in ’n blok,Hy sien alles raak wat ek doen.’

12. Maar Job, ek sê vir jou:Jy is verkeerd wanneer jy dit sê.God is groot,’n mens kan nie met Hom stry nie.

13. Hoekom beskuldig jy vir God?Hoekom sê jy dat Hy niewil antwoord nie?

Job 33