Job 33:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Maar, Job, jy moet nouluister na my,jy moet alles hoor wat ek sê.

2. Kyk goed,ek maak my mond oop,die tong in my mond praat.

3. Ek sal baie eerlik wees,ek sal duidelik sê wat ek weet.

4. God die Almagtige het my gemaak,Hy het vir my lewe gegee,Hy het asem gegee wat my laat lewe.

5. Job, jy moet my antwoord as jy kan,jy moet gereedmaak om te praat.

6. Kyk, wanneer ons saamvoor God staan,dan is ek dieselfde soos jy,Hy het my ook van klei gemaak.

Job 33