Job 31:2-14 Bybel vir Almal (ABA)

2. Maar wat het God aan my gedoen?Sal die Almagtige in die hoë hemeliets vir my doen?

3. Dit moet sleg gaan met mensewat verkeerd doen.Mense wat slegte dinge doen,moet swaarkry.

4. God weet hoe ek gelewe het,Hy weet alles wat ek gedoen het.

5. Ek was nie vals en skynheilig nie.

6. Wanneer God my toets, dan sal Hy weetdat ek heeltemal reg gelewe het.

7. Ek het nie weggedraai van die regte pad nie,ek het nie iets gevat wat ek graag wou hê nie,my hande is skoon.

8. As my hande nie skoon is nie,dan moet ander mensedie koring eet wat ek gesaai het,hulle moet die plante uittrek wat ekgeplant het.

9. Ek het nie iemand anders se vrou begeeren gewag om skelm by haar te gaan slaap nie.

10. As ek dit gedoen het, dan moet my vrouvir ’n ander man kos gaarmaaken dan moet hý seks hê met haar,

11. want dan het ek iets gedoenwat baie verkeerd is,en dan moet die Regter my straf.

12. Dit sal vir my weessoos ’n vuur wat brandtot in die onderwêreld,’n vuur wat alles verbrand wat ek het.

13. Ek het altyd reg gedoenaan ’n slaaf of slavinwanneer een van hulle my beskuldig het.

14. As ek nie reg gedoen het aan hulle nie,wat sal ek doen wanneer God my oordeel?Wat sal ek kan antwoord wanneer Hy vrawat ek gedoen het?Niks.

Job 31