Job 24:22-25 Bybel vir Almal (ABA)

22. Maar God is sterker as sterk mense.Wanneer Hy besluit om iets te doen,dan kan die mens wat slegte dinge doen,nie aanhou lewe nie.

23. God laat daardie mens veilig voel,hy dink dat God hom help,maar God sien alles wat hy doen.

24. Mense wat verkeerde dinge doen,is net ’n kort tydjie belangrik,maar dan verdwyn hulle.God laat hulle sterfsoos al die plantewat droog word en verlep,hulle sterf soos koring-arewanneer mense dit afsny.

25. Dit is waar, niemand kan sêdat ek nie die waarheid praat nie.”

Job 24