Job 24:2-19 Bybel vir Almal (ABA)

2. Mense vat ander mense se grond,hulle steel skape en bokkeen laat hulle wei saam met hulle eie diere.

3. Hulle vat die weeskind se donkie,hulle hou die weduwee se bees vir hulleselfomdat die weduwee geld skuld vir hulle.

4. Hulle gee nie vir die arm mense’n plek om te lewe nie,die mense in die land wat niks het nie,moet wegkruip.

5. Die arm mense moet soos wildedonkies lewe,hulle moet in die woestyn kos gaan soekvir hulleself en vir hulle kinders.

6. Hulle moet gras bymekaarmaak om te eet,hulle moet die druiwe steel wat oorgebly hetin die wingerde van die ryk mense,die mense wat verkeerd doen.

7. Die arm mense moet kaal slaap,sonder klere,hulle het nie kombersewanneer dit koud is nie.

8. Hulle word waternatwanneer dit hard reën in die berge,hulle probeer om agter die rotseweg te kruip.

9. Mense gryp die arm mense se kindersuit hulle ma’s se arms,hulle maak die arm mense se kinders hulle slawe.

10. Die arm mense loop kaal,hulle het nie klere nie,die arm mense bring die ryk mensese koring uit die land,maar hulle self bly honger.

11. Hulle stamp olywe stukkendtussen die mure,hulle trap die druiwein die parskuipe,maar hulle kry nie ietsom te drink nie.

12. Arm mense wat sterf,kla en huil in die stad,hulle het baie seerplekkeen hulle skree en vradat God hulle moet help,maar God luister nie.

13. “Slegte mense hou nie van die lig nie,hulle wil nie hê dat mense moet sienwat hulle doen nie.

14. Die moordenaar staan opvoordat dit lig word,en hy vermoor mensewat hulleself nie kan help nie,hy vermoor arm menseen hy steel wanneer dit nag is.

15. Die persoon wat egbreuk wil pleeg,wag totdat dit donker word,hy dink niemand sal hom sien nieen hy sit ’n sluier oor sy gesig.

16. Diewe wat inbreek,werk in die donkeren hulle kruip weg in die dag,hulle wil nie die lig sien nie.

17. Vir daardie mense is die donkersoos die oggend,hulle weet hoe dit is om in die nagbang te wees.”

18. “Hierdie slegte mense is soos dingewat lig is en vinnig op die water wegdryf.God het hulle grond vervloek,niemand gaan werk in hulle wingerde nie.

19. Wanneer dit droog en warm is,dan smelt en verdwyn die sneeu.Dit is dieselfde met sondaars,hulle verdwyn in die doderyk.

Job 24