Job 24:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Job het gesê:“Hoekom besluit die Allerhoogste God niewanneer Hy wil oordeel nie?Hoekom moet die mense wat Hom ken,aanhou wag vir daardie tyd?

2. Mense vat ander mense se grond,hulle steel skape en bokkeen laat hulle wei saam met hulle eie diere.

3. Hulle vat die weeskind se donkie,hulle hou die weduwee se bees vir hulleselfomdat die weduwee geld skuld vir hulle.

4. Hulle gee nie vir die arm mense’n plek om te lewe nie,die mense in die land wat niks het nie,moet wegkruip.

Job 24