Job 23:6-16 Bybel vir Almal (ABA)

6. Hy sal nie met al sy krag téén mywees nie,ek is seker dat Hy sal luister na my.

7. Ek is ’n eerlike mens,ek sal met God praat en allesvir Hom vertel.God is my Regteren Hy sal my vir altyd vrymaak.

8. Maar Hy is nie daar waar ek Hom soek nie,Hy is nie in die ooste of in die weste nie.

9. As Hy in die noorde werk, dan kry ek Hom nie,as Hy na die suide gaan, dan sien ek Hom nie.

10. Maar Hy weet watter pad ék loop,as Hy my toets, dan sal Hy sien dat ekso skoon soos goud is.

11. Ek het gelewe soos Hy wil hê,ek het aangehou om te loop op sy pad,ek het nie op ’n ander pad geloop nie.

12. Ek het gehoorsaam gebly aan alleswat Hy gesê het,ek het altyd onthou dat Hy besluitwat met my sal gebeur.”

13. “En Hy?Hy alleen besluit,en niemand kan Hom keer nie.Hy doen wat Hy besluit.

14. Ja, Hy sal doen wat Hy oor my besluit het,en Hy het baie dinge besluit.

15. Dit is hoekom ek so bang is vir Hom,ek is bang wanneer ek aan Hom dink.

16. God het my moedeloos gemaak,die Almagtige het my bang laat word,

Job 23