1. Job het weer gepraat. Hy het gesê:
2. “Ek is nog hardkoppig, ek wil aanhou kla,ek sal nie ophou nie.
3. As ek weet waar ek vir God kan kry,dan sal ek na Hom toe gaan waar Hy is.
4. Ek sal vir Hom vra om te luisterna wat ek sê,ek sal aanhou praat.
5. Ek sal luister na wat Hy vir my sêwanneer Hy my antwoord.
6. Hy sal nie met al sy krag téén mywees nie,ek is seker dat Hy sal luister na my.
7. Ek is ’n eerlike mens,ek sal met God praat en allesvir Hom vertel.God is my Regteren Hy sal my vir altyd vrymaak.
8. Maar Hy is nie daar waar ek Hom soek nie,Hy is nie in die ooste of in die weste nie.